Copyright © 2001 - 2013 Rugby Forum.  All rights reserved.                                                      
Toekomstige Springbokke: Jaque Fourie
(Written by Lucas in 2003 for Amabokke)

Grote, krag, balvaardighede, spoed en visie is integrale elemente vir ‘n susksesvolle agterspeler. Een van Suid-Afrika se jeug brigade Jaque Fourie besit al dié eienskappe.

Vinnige Feite


Geboorte Datum: 1983-03-04
Lengte: 1,88m
Gewig: 90 kg
Skool: Monument
Verteenwoordig: Leeus Craven Week, SA U/19 2002, Leeus


Die jaar 2002 sal onthou word as die jaar van die jeug in Suid-Afrikaanse rugby. Selde het soveel belowende jong spelers deurgebreek en belangrike rolle vervul vir beide hul provinsie en land. Dit is manne soos Bernard, Muller, Wannenburg, de Villiers en Rathbone wat vir die seëvierende 0/21 wêreldbeker kampioene uitgedraf het en Brent Russel vir die Springbokke. Een skitter speler is egter vinnig besig om hom as deel van hierdie eksklusiewe groep jong sterre te vestig naamlik Jaque Fourie, uithaler heelagter van die Leeus.

Vra jy 19 jarige Jaque oor sy voornaam wat verskeie joernaliste na hul woordeboeke laat gryp het is sy antwoord eenvoudig, “Dit is hoe ek gedoop is, jy sal maar my pa moet vra hoekom daar geen ‘s’ aan die einde is nie”. Pa Fourie het dalk van meet af geweet dat dié kind van hom 'n bietjie anders sou uitdraai.

Vir meeste ondersteuners van die Leeus herinner Jaque baie aan 'n Hendrik Truter met sy lang bene en elegante hardloopstyl. Jaque self het egter min heelagter helde synde dat meeste van sy skool loopbaan op senter verwyl is. Hy sien egter heelagter as sy toekoms want dit het 'n “nuwe dimensie aan my spel besorg” en sy helde sê Jaque is, “Snaaks genoeg nie 'n speler in my posisie nie. Rassie, Andre Vos en Andre Venter het ek na opgekyk as spelers. Hulle toewyding, dissipline en kennis van die spel het my beindruk. Nou het ek al saam en teen hulle gespeel wat vir my 'n groot eer is.”

Inderdaad, Jaque se opgang is 'n speek in 'n wiel kort van astronomies, die Hoërskool Monument leerling het binne een jaar homself gevestig in die Leeus se Currie Beker span na 'n suksesvolle Vodacom Beker. Die kompetisie wat beskryf word as 'n trapleer vir jong Springbokke het die volgende opmerking ontlok, “Dit is 'n baie goeie leerskool maar Currie Beker rugby is waaroor dit gaan in plaaslike rugby” en Jaque het al reeds bewys dat hy tuis is in die uitgelese geselskap.

Die Leeus het aanvanklik gesukkel in die Currie Beker en hul kwalifisering vir volgende jaar se Super 6 was in gedrang voordat Louis Koen 'n reuse strafskop in die laaste sekondes teen die Pumas behaal het. Die Leeus was sonder hulle Springbokke en volgens Jaque, “Ons het beslis spelers in sleutel posisies gemis, mens kan nou maar eenmaal nie ervaring koop nie”. Die belangrike punt is dat die Leeus wel die wedstryd gewen het en dat hulle ses weke later aan die vooraand van 'n Currie Beker semi-finaal staan na 'n uitstekende oorwining van 50-13 oor die huidige kampioene, Westelike Provinsie. Jaque, nie heeltemal onverwags nie, was een van die uitblinkers in hierdie sege.

Die toekoms is blink vir die jong Leeu en met Rudolf Straeuli se “jong brigade beleid” wat wortel skiet som Jaque die situasie so, “Dit is great dat ons youngsters die kanse kry. Ek dink die feit dat die jong ouens wat die kans gebied is dit met albei hande aangegryp het en die coaches nie teleurgestel het nie. Dit is maar waaroor dit gaan om die kans te kry en dit dan te gebruik.”

Jaque Fourie gebruik sy kanse en die enigste “coaches” wat hy teleur sal stel is die van spanne wat hy elke week aan flarde hardloop.