Copyright © 2001 - 2013 Rugby Forum.  All rights reserved.                                                      
 
Die Legendariese Frik du Preez

Springbok rugby het al deur die eeue menigte spelers van wêreld gehalte opgelewer, spelers wat wyd en suid verhemel is vir hulle legendariese dade op die veld. Onder die bestes van die beste is daar egter een speler wat selfs in hierdie uitstaande groep homself onderskei het as 'n reus in Suid Afrikaanse en wêreld rugby - Frik du Preez, Springbok speler van die twintigste eeu.....   Lees verder

========================================================================================================================

John Gainsford

Een van 'n Springbok afrigter se grootste kerswense van Sinterklaas is 'n speler van ware wêreldgehalte. Ons praat nou van daai manne wat hulleself kies in enige Jan Rap en sy maat se “beste van sy generasie” span. Dié tipe speler word natuurlik nie onder elke kalkoen uitgebroei nie maar maak elke nou en dan sy opwagting. Een só “grote”, John Leslie Gainsford het vroeg in die jaar 1960 op die jeugdige ouderdom van 21-jaar na vore getree en hom gevestig as 'n Springbok legende...  Lees verder

========================================================================================================================

Jan Boland Coetzee

In die hartjie van die Boland tussen reuse kranse en klowe lê die pragtige studente dorp, Stellenbosch wat wêreld beroemd is vir sy manjifieke wyne en Springbok rugby fabriek by uitstek. Die twee dinamiese tydverdrywe kombineer heel dikwels en 'n uitstekende voorbeeld is Jan Boland Coetzee, Springbok en bobaas wynmaker...  Lees verder

========================================================================================================================

Uli Schmidt - Hakers is Anders

Die moderne no 2 moet veel meer kan verrig as om net bloot eenvoudig te hak, skrum en balle by die lynstane in te gooi. Nee wat, daardie dae is verby, hakers moet kan drieë druk vanuit die vleuel posisie, delikate skoppies uitvoer, pypkam en fop maar ook bo-oor opponente stoomroller. Kom ons noem dit die Renaissance man posisie in rugby. Argumentshalwe het een man die ommeswaai bewerkstellig - Uli Schmidt.....   Lees verder

========================================================================================================================

Brendan Venter

Amabokke het gaan kers opsteek by een van Springbok rugby se uitgesproke wyse manne, Brendan Venter oor wat anders as, rugby? Die jaar 2002 staan vinnig einde se kant toe en met die wete dat dit 'n bra onsuksesvolle jaar was is dit gepas om met een van Suid-Afrika se suksesvolste Springbokke te gesels, Brendan Venter.... Lees verder

========================================================================================================================

Springbok Legendes teen Ierland

Vra enige volbloed Bok ondersteuner wie sy gunsteling Springbok legende van alle tye is dan kry jy antwoorde met bitter min konsensus. Vra jy watter het teen Ierland gespeel sal min werklik met gesag hierop kan antwoord want sien, die Bokke het nog net 14 keer teen die manne van die smararg eiland uitgedraf, so dit is 'n uitgelese groep legendes wat dié eer deel. Ons kyk terug na van Springbok rugby se grootste legendes wat die vegtende Iere aangedurf het!.....   Lees verder

========================================================================================================================

Tiaan Strauss

Losvoorspelers is 'n unieke spesie in rugby, van hulle word verwag om in die donker kolke van losgemale balbesit vir die span te verseker en wanneer die nimlike takie volmag is, die bal te jag soos 'n Boesman sy prooi op die vlaktes. Verder moet hulle met vreeslose durf opponente kan lak en ook skakel met agterspelers, in kort hulle moet gehard wees! 'n Speler wat al hierdie eienskappe vir die groen-en-goud ten toon gestel het was Tiaan Strauss, die Leeu van die Kalahari en legendariese Springbok kaptein, agsteman en flank.....   Lees verder