Copyright © 2001 - 2013 Rugby Forum.  All rights reserved.                                                      
Toets Dagboek 2002

'n Springbok toer is een van daardie geleenthede waarvan alle volbloed ondersteuners droom, Amabokke het die toetse teen Skotland en Engeland bygewoon en die volgende dagboek gehou van die twee wedstryd dae.

========================================================================================================================

16 November 2002 - Skotland v Suid-Afrika, Murrayfield

04:30 Waak. In 'n waas van verdwaling. O gaats! Ons is laat die “mini-cab” sal binne 10 minute hier wees! Probeer so 'n bietjie kiep in die kar maar die gedagtes is by die groot “game” vanmiddag.....   Lees verder

========================================================================================================================

Toekomstige Springbokke: Jaque Fourie

Die jaar 2002 sal onthou word as die jaar van die jeug in Suid-Afrikaanse rugby. Selde het soveel belowende jong spelers deurgebreek en belangrike rolle vervul vir beide hul provinsie en land. Dit is manne soos Bernard, Muller, Wannenburg, de Villiers en Rathbone wat vir die seëvierende 0/21 wêreldbeker kampioene uitgedraf het en Brent Russel vir die Springbokke. Een skitter speler is egter vinnig besig om hom as deel van hierdie eksklusiewe groep jong sterre te vestig naamlik Jaque Fourie, uithaler heelagter van die Leeus.....   Lees verder

========================================================================================================================

"parys paradys"

Baie van ons het grootgeword sonder om die geliefde Springbokke in aksie te sien, die 1981 toer teen die All Blacks was 'n eerste rugby geheue en die rare verskynings daarna het Halley se komeet soos 'n uitgekuierde buurman laat voorkom. Dit is dus taamlik maklik om oor gebeure van ware betekenis te besin.

Die waterskeiding jaar van 1992 het 'n oud en nuut spil in ons rugby geskiedenis tot gevolg gehad. Uitgediende maar onvergeetbare redes het die Springbokke weerhou van internasionale meedinging maar soos Moses, is daar teruggekeer uit die woestyn en met 'n magtige vertoning is die wêreldbeker in 1995 verower. Die triomf was van korte duur, in 1996 het 'n briljante All Black span hulle eerste reeks oorwinning op SA bodem vermag.....   Lees verder

========================================================================================================================

Die 50 Plus Klub

Vra enige Suid Afrikaanse rugby speler wat sy doelwit in die lewe is en die onomwonde antwoord sal wees om vir die Springbokke te speel en so sy land te verteenwoordig. Daar is egter bitter min spelers wat die ongelooflike eer vermag om die groen-en-goud trui oor die kop te trek in 'n toets. Om dit vir 50 toetse te kan doen is 'n uitstaande prestasie.

Suid Afrikaanse rugby het 'n ryk en lang geskiedenis wat terug dateer tot die laat 19 de eeu en in die 113 jaar sedertien was daar al oor die 600 spelers wat hulle land in 312 toetse verteenwoordig het. Slegs 6 spelers het al vir 50 toetse of meer vir die Springbokke uitgedraf. Hulle is: Joost van der Westhuizen (89 toetse), Mark Andrews (77), Andre Venter (66), Percy Montgomery (57), Ollie le Roux (54) en Breyton Paulse (50). Os du Randt sal sy naam by hierdie uitsoek geledere voeg in die toets teen Engeland op die toer na Brittanje.....   Lees verder

========================================================================================================================

1995

Daar is sekere gebeurtenisse in Geskiedenis wat onomwonde mense se lewens verander. Dink maar terug aan die eerste hart oorplanting, die verbrokkeling van die Berlynse muur, Mandela se vrylating en baie ander wêreld gebeurtenisse. Vir Suid-Afrikaanse rugby ondersteuners, was die 24ste Junie 1995 'n lewens bepalende oomblik.

Die Springbokke het vanuit die staanspoor in hulle openings wedstryd teen Australië bewys dat hulle 'n faktor sou wees in die derde wêreld beker en die eerste waaraan hulle mag deelgeneem het. Die grootste toets het egter in die halfeindrondte plaasgevind toe die hemel oopgetrek het met die mees ongewone reënval nog ooit in Durban.....   Lees verder

========================================================================================================================

Springbokke vs All Blacks

Een van die spel van rugby se grootste aantrekkingskrag is die eeu-oue wedywering tussen lande om die eer as ‘beste rugby land in die wêreld’. Tradisioneel word die swaargewig titel tussen twee lande verdeel, die Springbokke en die All Blacks van Nieu-Seeland.

Vir meeste Springbok spelers en toeskouers word legendaries Springbok spellers en spanne geskoei in wedstryde en reeks tussen die twee aartsvyande. Die beroemde en berugte wedywering is nog nie eers 'n eeu oud nie en het inderdaad in 1921 begin en sedertien was daar maar slegs 66 toetse.....   Lees verder